Die leef in die lig van die huidige waarheid.

ImageSo I will always remind you of these things, even though you know them and are firmly established in the truth you now have. (2 Peter 1:12)

Die huidige waarheid bring soveel meer perspektief, ek luister na getuienisse en praat met vriende wat dit gewaag het om te deel, en in die lig van die getuienis is daar soveel groei in hulle verhoudings en in die verstaan van mekaar,… “wens ek het die produk ontdek voor ons troue”, sê die een vrou nou die dag so in die verby gaan! “Hoekom vra ek so ‘n bietjie moedswillig?”

En sy vertel haar storie..

“Ons is so geneig om in die verlede te leef’, sê ek vir haar en glimlag, “die wat as, en as ek maar net, is eil gesaaide verwyte wat ons niks regtig iets in die sak bring nie”.  Die sleutel vertel ek vir haar is opgesluit in die skrif soos hierbo in 2 Petrus 1:12. Wat maak julle nou met al hierdie inligting oor mekaar se doen en late en dit oor die verlede? Petrus sê die groei lê in die lig van die huidige waarheid, dit wat ons nou van mekaar weet hoe hanteer ons dit in die hier en nou, die Here is immers hier en nou teenwoordig Hy lewe en Hy verlos, genees en restoureer. Met dit wat jy op hierdie oomblik van jou maat weet in die lig van die liefde van die Vader hoe deel jy nou met dit?

Dit is presies wat Dare2share kommunikasie kaarte doen dit bring lig in die verstaan van mekaar se doen en dink, hoe ek voel,…en dit gee gerreedskap om die emosies te hanteer binne wyse, liefdevolle riglyne vir die voorbou bou aan ‘n gesonde Huwelik in die NOU!

Hoe wil jy kies om julle leeftyd saam deur te bring, in die angs en vrees van aannames, of met die doelgerigte verbondsbeginnsels van Dare2share kommunikasie kaarspel waar ons saam ‘n weg vind?

Maak kontak

www.dare2share.co.za

Advertisements

Die rede hoekom Hy sy woord aan my bekend maak is nie om my met ‘n lekker “fuzzy”gevoel in my hart te laat nie

In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God…. Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.  (Johannes 1)

Vanoggend het en Riekert gekuier oor die skrifgedeelte, Riekert sê om die Woord te wees soos daar na Jesus verwys word, of die eindelose begin soos die oorspronklike vertaling daarna verwys, beteken dat Jesus niks anders as God sê nie, later benadruk Jesus dit weer: “dit wat ek die Vader sien doen dit doen ek, dit wat ek die Vader sien doen dit doen ek”, so dit is Jesus se grense, Jesus praat uit die hart van die Vader.

Wat Jesus in sy bediening so radikaal anders gemaak het is dat Hy die wil (die Vader se Hart) nie net gehoor het nie maar dit gedoen het, die woord steek talle mense aan die brand maar dit eindig net daar. Sy dissipels sê op een stadium waarheen sal ons gaan U het die woorde van wysheid, en dan die doen deel vir my en jou soos die dissipels was om juis dit te doen om te stap in Sy voetspore

Vandag wandel Hy deur Sy woord. Riekert sê die rede hoekom Hy sy woord aan my bekend maak is nie om my ‘n lekker “fuzzy”gevoel in my hart te laat nie maar om dit te kan doen lewe te hê in Sy naam, en optegroei in geestelikheid.

Riekert verwys na die skrywer van Hebreërs wat sê julle weet nie hoe om Jesus na te volg nie, julle is al 30 jaar lank gelowiges , nie omdat julle nie voldoende inligting het nie, maar julle is nie geoefen in die woord wat julle hoor nie, julle doen nie die woord nie.

Vir meer inligting oor hoe om hierdie geprek op CD te bekom kontak ons by 027 213 4208, Riekert Botha is elke Maandag my gas op die program Dagbreek om 07:15 of luister saam via die internet hier is die skakel http://tunein.com/radio/Radio-Namakwaland-934-s101967/

Die gebed wat alles verander het.

Ek het toe nog die aand skofte gewissel met die vaste aanstellings by die radiostasie waar ek werk, ek was skaam en het nie omgegee vir die stil skof nie, nie skaam om te praat nie, maar vir myself en die verleentheid rondom die rede vir die terug keer na Vredendal. Egskeiding… ek haat daardie woord daardie gevoel van mislukking en waardeloosheid, die vernedering nou dat almal weet ek is terug en wie weet wat hulle gehoor het hoekom.  Ek was vasgevang in myself, hartseer, ek wou hom so graag by my hou veral daardie aand. Dit is nou my seuntjie JH,… jy weet..hoe kon ek toelaat dat my lewe so uitmekaar uit val?

Daardie aand soos vele ander gebruik ek die tyd om Bybel te lees, en sommer te bid opreg die keer, jy sien ek kon nie meer bekostig om te speel met hierdie lewe van verwoesting nie, so tussen die trane deur brand my hart vir vryheid, en as ek in die state ry of loop, hoop ek om my bulletjie te hoor lag of sien speel.

Tussen die voorafopgeneemde programme praat ek met Jesus en dit is asof my lewe ook so in ‘n vooropgestelde groef van niks-wees verval het. Ek trek die rekenaar sleutel bord nader en begin my eerste tree, ek sou hierdie gebed nog baie bid…

Miskien het jy ook ‘n smagting na verlossing bidsaam met my…

Dankie Here dat ek kan wees wie ek is, omdat U is.

Dankie Vader vir geleenthede om te groei…,dat ek binne U wil

vermeerder tot eer van U naam.

Here hoe kan ek swaarkry as U met my is?,as U my stort met U genade…

Nog net hierdie een ding Here…,

Dankie vir U dissipels en die magtige werking deur U seun JESUS.

Hou my asseblief vannaand styf vas in U vaderhand.

gebed van ‘n gevangene (Jan-Hendrik)

Waar dit alles begin het.

Die mens is versot op range en medaljes.  Napoleon het gesê: “A soldier will fight long and hard for a piece of coloured ribbon”. God sê: “alle vlees is soos gras, en al die heerlikheid van die mens soos ’n blom van die gras. Die gras verdor en sy blom val af, maar die woord van die Here bly tot in ewigheid”.  Ghmf ..Hoe val die helde nie!

Partykeer lag ons daaroor, ander kere huil ons, maar ons leer nie noodwendig altyd daaruit nie. Maak nie saak hoe groot ‘n man is, hoe belangrik hy is, hoe baie geld hy het, hoe sterk hy is, hoeveel medaljes hy het, watter posisie hy beklee nie, dis van korte duur. Dis soos ‘n commercial break. Vlietend. Hoe gretig is ons nie om ons hele lewe te wed op ‘n vlietende oomblik van plesier of status nie. Toe ek en jy op kleuterskool was, was dit baie belangrik om ‘n babbel te kon blaas met kougom – wat is dit nou werd? Het jy al ooit ‘n CV gesien met “babbelblaas op kleuterskool” as ‘n inskrywing?  Dis presies hoe die range en posisies is wat ons beklee.  Dis niks.  Dit definieer my nie, dit regverdig my nie, dit bepaal my nie, dit genees my nie, dit restoureer my nie. Dis soos ‘n blom van die gras. Woeps! Daar val hy af! Waar staan ek dan? Daarenteen is die woord van God ewig. Skaar jy jou by Christus in gehoorsaamheid dan sal God jou ewig bevestig. Dan is jou heerlikheid nie vlietend nie, en jou blom val nie af soos die gras nie. God wil jóú oprig . Sy gedagtes aangaande jóú is goed (Jer 29:11). Dis gedagtes van vrede om jou ‘n hoopvolle toekoms te gee, maar God vra van jou om te kies. “Kies die lewe dat jy kan lewe!” (Deut 30:19).

Ek het verseker nie al die kennis nie, maar soos ons verhouding groei, sal dit my voorreg wees om dít te deel, wat die Here aan my geopenbaar het deur Sy ander seuns en geestelike vaders wat reg deur my hele lewe ʼn rol gespeel het, en steeds doen.  Jy sal hulle ook persoonlik ontmoet deur die gesprekke wat ons het en gehad het oor dinge waaroor jy ook soms wonder.

Baie welkom by die olyfpers waar ons God toelaat om elke greintjie eie ek uit te pers totdat net Jesus oorbly, Hy is die weg die waarheid en die lewe.